Die ontwerp van die Fleurenville Bejaardesorg-sentrum skep 'n landelike gevoel wat 'n tradisionele Suid-Afrikaanse plattelandse huis weerspieël, maar is geleë in ‘n ruim leefarea met moderne afwerkings. Hierdie unieke uitleg sluit in stoepe by al die groot gemeenskaplike- en sitkamer areas om sosiale interaksie tussen die inwoners aan te moedig. Voeg by die veilige houtbrandende kaggels, 'n biblioteek- en speelkamer, 'n in-huis apteek, braaigeriewe, 'n tradisionele boma, 'n kapel, teaterfasiliteite en werklokale om stokperdjies te oefen en jy het 'n leef area spesifiek ontwerp vir verskillende vlakke van bejaardesorg. Ons is trots op ons tuin uitleg wat 'n rustige, helende buitelug omgewing vir ons inwoners verseker.