• +27 (0) 12 943 8700
e

ONS STORIE

Fleurenville Bejaardesorg-sentrum bied bystand-versorging en die versorging van bejaardes wat gespesialiseerde akkommodasie en verpleegdienste benodig. Ons het 'n afsonderlike, hoogs gespesialiseerde eenheid ontwikkel wat spesiliaseer in Dimensie, Alzheimer en fisiese verswakking.

By Fleurenville verstaan ons dat omgee beide 'n daad en 'n ingesteldheid is. Fleurenville is al drie dekades lank passievol oor die welsyn van die Fleuries wat die sentrum ‘huis’ noem. Ons ervare en hoogs opgeleide verpleegpersoneel word ondersteun deur toegang tot die nuutste fasiliteite en toerusting. Fleurenville is die uiteindelike sentrum wat bydrae lewer tot die Suid-Afrikaanse bejaardesorgspektrum.

HANDELSMERK

ONS MISSIE

Om die hoogs moontlike versorgingsstandaard aan elke inwoner van Fleurenville te bied en om hierdie sorg te alle tye met liefde, deernis en respek uit te voer.

ONS VISIE

Om die potensiaal te sien vir ons inwoners om hul lewens te geniet deur te groei as mens - en om hierdie potensiaal te vier deur persoonlike verbintenisse met ons inwoners te skep wat moontlikhede en hoop vir die toekoms bied.

ONS VERSORGING FILOSOFIE

Omgee is beide 'n daad en 'n verstandhouding. Ons is die belangrikste rolspelers in ons inwoners se daaglikse lewe. Dit is 'n rol wat ons heilig hou en ons glo dat ons personeellede en inwoners sielsgenote word deur die wedersydse genot wat ons put uit ons gesamentlike daaglikse betrokkenheid.

Ons kanaliseer die wanopvattings van wat in die later jare van die lewe moontlik is, en ons doen dit deur nouer bande met ons inwoners te bou om hul hoop, idees en belange te openbaar. So verseker Fleurenville 'n toekoms wat beter is - en selfs mooier - as wat voorheen vir ouer mense geskep is. Dit is 'n wêreld waarna ons u nooi om in te woon, want dit is waar ons almal in ons ouer jare wil wees.

DOWNLOAD OUR BROCHURE
f

TESTIMONIALS

  • My ouers was bevoorreg om vir 10 maande deel van die Fleurenville-familie te wees. In hierdie kort tydjie het hulle net liefde en goeie versorging ontvang. Toe my ma 6 weke gelede val en haar nek breek, was niks te veel vir die wonderlike personeel om haar te versorg na sy uit die hospitaal gekom het nie. Sy is ongelukkig oorlede, met my 90-jarige pa wat haar na 3 weke gevolg het. Die verlange na haar na 67 jaar van getroude lewe was net te veel. Ons kan nie anders as om hierdie bejaardesorgsentrum as uitsonderlik te bestempel nie. Dwarsdeur die tyd is ons almal met soveel respek en vriendelikheid behandel - van bestuur, regdeur tot ontvangs, instandhouding, die kombuispersoneel en die skoonmakers. Matrone Dannhauser, Denise, Susters Ansie Gräbe, De Klerk, Du Toit en Van Tonder verdien spesiale vermelding. Sonder hulle sou my ouers en ons kinders veel armer gewees het. Soveel omgee en uit-die-pad-uitgaan diens is ongekend. Ons salueer julle en sal julle altyd met groot liefde, sagtheid en dankbaarheid onthou. DANKIE!!

    Erna Putter‎
  • My ma is n inwoner daar en ons kan net met groot waardering en lof praat van Fleurenville. Die versorging en puik. In hierdie moeilike tyd het hulle baie moeite gedoen om die inwoners en familie te akkomodeer. Baie dankie aan die matrone en haar span.

    Amanda Van Schoor
  • The best ! Fleurenville took such great care of my father in law! I will recommend it to all!

    Karen Prinsloo Dannhauser
  • Dankie vir al die liefde en omgee wat jy vir my Ma gee!! Mag jy n wonderlike jaar hê vol liefde en vreugde vir jou soos wat jy vir almal om jou gee!

    Maleni Van Staden
  • The staff takes good care and are friendly. My mother had been staying for almost two years in Fleurenville after she had a stroke, and a better place for special care , will be rare to find. The facilities are all new, and it is a beautiful environment, with good security. It gives one peace of mind, to know she is taking good care of.

    Beau Davie
  • Thank you Fleurenville and staff for your excellent care of my frail 89 year old father, thank you for caring for him with compassion and love and thank you for making him part of the Fleurenville family. Knowing that he is well cared for and happy makes me fall asleep at night with peace in my heart in distant Australia. I can highly recommend Fleurenville and if I had the option to give them 10 stars I would.

    Erica van der Westhuizen
  • Modern building, well maintained, clean and beautiful inside, gardens are beautiful. Friendly staff.

    Hester Benson
  • Julle is beslis uitsonderlike. My moeder was net n Paar maande by julle en sy is tot op die laaste het julle haar hanteer met respek en vir haar gecare of dit die eerste dag is. HY seen julle vir die goeie werk wat julle doen.

    Helena Van Rooyen
Kopiereg © 2020 Fleurenville Bejaardesorg-Sentrum | Ontwikkel deur IDEA
afAfrikaans