• +27 (0) 12 943 8700
e

ONS STORIE

Fleurenville Bejaardesorg-sentrum bied bystand-versorging en die versorging van bejaardes wat gespesialiseerde akkommodasie en verpleegdienste benodig. Ons het 'n afsonderlike, hoogs gespesialiseerde eenheid ontwikkel wat spesiliaseer in Dimensie, Alzheimer en fisiese verswakking.

By Fleurenville verstaan ons dat omgee beide 'n daad en 'n ingesteldheid is. Fleurenville is al drie dekades lank passievol oor die welsyn van die Fleuries wat die sentrum ‘huis’ noem. Ons ervare en hoogs opgeleide verpleegpersoneel word ondersteun deur toegang tot die nuutste fasiliteite en toerusting. Fleurenville is die uiteindelike sentrum wat bydrae lewer tot die Suid-Afrikaanse bejaardesorgspektrum.

HANDELSMERK

ONS MISSIE

Om die hoogs moontlike versorgingsstandaard aan elke inwoner van Fleurenville te bied en om hierdie sorg te alle tye met liefde, deernis en respek uit te voer.

ONS VISIE

Om die potensiaal te sien vir ons inwoners om hul lewens te geniet deur te groei as mens - en om hierdie potensiaal te vier deur persoonlike verbintenisse met ons inwoners te skep wat moontlikhede en hoop vir die toekoms bied.

ONS VERSORGING FILOSOFIE

Omgee is beide 'n daad en 'n verstandhouding. Ons is die belangrikste rolspelers in ons inwoners se daaglikse lewe. Dit is 'n rol wat ons heilig hou en ons glo dat ons personeellede en inwoners sielsgenote word deur die wedersydse genot wat ons put uit ons gesamentlike daaglikse betrokkenheid.

Ons kanaliseer die wanopvattings van wat in die later jare van die lewe moontlik is, en ons doen dit deur nouer bande met ons inwoners te bou om hul hoop, idees en belange te openbaar. So verseker Fleurenville 'n toekoms wat beter is - en selfs mooier - as wat voorheen vir ouer mense geskep is. Dit is 'n wêreld waarna ons u nooi om in te woon, want dit is waar ons almal in ons ouer jare wil wees.

f
Kopiereg © 2019 Fleurenville Bejaardesorg-sentrum | Ontwikkel deur IDEA
afAfrikaans
en_USEnglish afAfrikaans